Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 30 minute Gaarmaaktyd: 15-20 minute SLAAISOUS 3 ansjovisfilette 10 ml (2 t) Dijon-mosterd sout en peper na smaak 80 ml (1/3 k) olyfolie 30-45 ml (2-3 e) rooiwynasyn SLAAI 250 g babaspinasie of botterslaaiblare 350 g baba-aartappels, in die skil gekook gerasperde skil van 1 suurlemoen 3 saggekookte eiers (3 minute gekook) 4 ansjovisfilette

  1. SLAAISOUS Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.
  2. SLAAI Rangskik die blare op ’n bord.
  3. Druk die aartappels effens stukkend en pak dit op die blare.
  4. Geur die aartappels met die sout, peper en suurlemoenskil.
  5. Dop die saggekookte eiers af en pak dit bo-op die aartappels.
  6. Voeg die ansjovis by.
  7. Drup die slaaisous oor

WENK Voeg gaar gevlokte hoender by en vervang die aartappels met blokkies gebraaide brood.