.

Genoeg vir 4

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

250 g kersietamaties

? multigraanbrood, in stukke gebreek

80 ml (? k) olyfolie

sout en peper

625 ml (2½ k) vars mozzarella-balletjies

’n hand vol vars basilieblare

balsemieke reduksie

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Rangskik die tamaties op ’n bakplaat en bestrooi met 30 ml (2 e) olyfolie. Geur met sout en peper.
  3. Meng die brood op ’n aparte bakplaat met 30 ml (2 e) olyfolie. Plaas albei bakplate in die oond. Rooster die brood 10 minute of tot goudbruin, en meng twee keer liggies tydens gaarmaaktyd. Rooster die tamaties 20 minute en meng een keer.
  4. Plaas die mozzarella op papierhanddoek sodat dit kan droogword en sit dan in groot bak. Voeg die geroosterde brood, tamaties, basilieblare, sout en peper by. Meng liggies en hou die tamaties so heel moontlik.
  5. Sprinkel die oorblywende olyfolie oor die slaai en voeg ’n skeutjie balsemieke reduksie by.

Fotograaf: Jacques Stander

Deur Hope Malau