Maak ’n romerige slaaisous van vetvrye maaskaas en jogurt pleks daarvan om olie te gebruik.

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4 mense

VLEIS

4 hoenderborsies, sonder vel of been

5 ml (1 t) olyfolie

15 ml (1 e) Chinese vyfspeserypoeier

200 g jong groenbone, skoongemaak

300 g gemengde slaaiblare

SLAAISOUS

45 ml (3 e) vetvrye maaskaas

45 ml (3 e) vetvrye natuurlike jogurt

10 ml (2 t) laevet-mayonnaise

45 ml (3 e) vars suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

knippie suiker of ’n druppel rou heuning

Voorverhit die oond tot 200 °C.

VLEIS

Sit die hoender tussen kleefplastiek en kap liggies met ’n vleishamer tot effens platter.

Verf elkeen met olyfolie en besprinkel met die speserymengsel.

Sit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en oondrooster 10 minute aan elke kant tot deurgaar. Laat afkoel en sny in skywe.

Kook intussen die groenbone 2-3 minute in vinnig kokende soutwater tot net-net gaar maar steeds bros.

Dreineer en laat afkoel.

Meng die slaaiblare, hoender en bone.

SLAAISOUS

Klits al die bestanddele saam en sit met die slaai voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.

HUISGENOOT, 18 NOVEMBER 2010