Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

200 ml ongegeurde jogurt

180 ml (¾ k) mayonnaise

2-5 ml (½-1 t) fyn komyn

8 stukke hoender, dye en boudjies, ekstra vet verwyder

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180°C.

Meng die jogurt, mayonnaise en komyn.

Geur die hoenderstukke met sout en peper en pak op ’n oondbak.

Giet die jogurtmengsel oor en mariner die hoender 2-3 uur in die sous.

Bak sowat 40-60 minute of tot gaar.

Sit voor saam met koringslaai.

STAMPKORINGSLAAI

Genoeg vir 8-10 mense.

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

200 g koring, geweek in water

groenteaftrekselpoeier na smaak

80 ml suurlemoensap

100 ml olyfolie

5-10 ml (1-2 t) songedroogde tamatiepesto (opsioneel)

125 ml (½ k) vars gekapte pietersielie

45 ml (3 e) vars gekapte mentblare

5 stingeluie, grof gekap

4 Roma-tamaties, in klein blokkies gesny

¼ komkommer, in klein blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

Dreineer die koring en kook in skoon water tot net sag.

Voeg groenteaftrekselpoeier teen die einde van die kooktyd by.

Meng die suurlemoensap, olyfolie en tamatiepesto en meng dit met die koring.

Voeg die res van die slaaibestanddele by en meng deur.