Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

60 ml (¼ k) olie of botter

250 g hoenderlewers, gewas en kleiner gesny

250 g gemengde sampioene, in kwarte gesny

2 stingeluie, in 2 cm lengtes gesny

60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie

30 ml (2 e) druiweasyn

30 ml (2 e) haselneutof

makadamiaolie

sout en swartpeper

gemengde slaaiblare

  1. Verhit die olie of botter in ’n groot pan en braai die lewers 3 minute of tot bruin aan die buitekant en steeds pienk van binne.
  2. Skep die lewers uit die pan en braai die sampioene 5 minute in dieselfde pan.
  3. Skep die lewers terug, voeg die stingeluie, pietersielie, asyn en haselneutolie by en geur met sout en peper. Verhit tot net warm.
  4. Sit dit voor op gemengde slaaiblare.