Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

SLAAISOUS

2 knoffelhuisies, gekneus

60 ml (¼ k) gekapte songedroogde tamaties, in vinaigrette

30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

15 ml (1 e) gekapte vars tiemie of origanum

90 ml (6 e) olyfolie

15 ml (1 e) balsemieke asyn

5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil

vars gemaalde swartpeper

SLAAI

1 geel en 1 rooi soetrissie, gehalveer

500 g hoenderborsies, gaargestoom en in stukke geskeur met ’n vurk

4 pruimtamaties, in wiggies gesny en ontpit

500 g pastavorms soos strikdassies, gekook

125 ml (½ k) swartolywe, ontpit

15 ml (1 e) kappiertjiesade (met

lang stele), in diepvet gebraai tot bros

30 ml (2 e) dennepitte, gerooster (opsioneel)

’n paar vars basilieblare

SLAAISOUS 

Meng al die bestanddele en hou eenkant.

SLAAI

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Plaas die soetrissies met die velkant na bo op ’n bakplaat en bak tot effense swart blasies bo-op vorm.

Laat in ’n plastieksak afkoel en trek die velletjies af.

Sny in repe.

Meng saam met res van die slaaibestanddele in ’n slaaibak en giet die slaaisous oor.

Meng deur.

Sit voor as ligte ete

WENK: Om dit gesond te maak, het ons hoenderborsies sonder vel en been gebruik, die hoender gestoom en toe die lekkerste slaaisous daarby bedink. Nes ons fotograaf, sal veral die mansgeslag hierdie een geniet en nie eens agterkom hulle eet gestoomde kos nie.