Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Staantyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

5 ml (1 t) fyn kaneel

10 ml (2 t) paprika

30 ml (2 e) bruinsuiker

80 ml (? k) olie

4 hoenderstukke

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) balsemieke asyn

5 ml (1 t) Dijonmosterd

200 g groenbone

2 blikke (400 g elk) driebonemengsel

hand vol vars pietersielie, gekap

1    Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die kaneel, paprika, suiker en 30 ml (2 e) van die olie. Meng die hoender deur die mengsel en geur met die sout en peper.

2    Meng die asyn, mosterd en oorblywende olie in ’n bak. Blansjeer die groenbone 5 minute in ’n pot kookwater en voeg hulle dan saam met die geblikte bone en pietersielie by die asynmengsel.

3    Verbruin die hoender in ’n warm pan, verplaas na ’n bakplaat en bak 10 minute of tot gaar in die oond. Sit die hoender saam met die boneslaai voor.

- Hope Malau