Genoeg vir 4 mense

250 ml (1 k) koeskoes

sout en vars gemaalde peper

45 ml (3 e) olyfolie

4 hoenderfilette

10 ml (2 t) hoenderspeserye

1 blik perskeskywe, gedreineer

30 ml (2 e) vars kruisementblare, grof gekap

30 ml (2 e) pietersielie, grof gekap

100 g fetakaas, gekrummel

1. Voorverhit oond tot 180 °C.

2. Maak die koeskoes gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Geur met sout en peper en roer 30 ml (2 e) van die olyfolie deur die koeskoes. Hou eenkant.

3. Smeer die hoenderfilette met die orige olyfolie en sprinkel met hoenderspeserye. Sit dit op ’n bakplaat en bak 15-20 minute of tot gaar. Laat effens afkoel en sny in repies.

4. Meng die koeskoes en hoender met die res van die bestanddele en geur na smaak.

Deur Esther Malan, Carmen Petersen en Bernice van der Merwe

Foto: David Briers