Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

4-6 hoenderborsfilette

sonder vel

sout en peper

olie

sap en skil van 1 suurlemoen

250 g penne-pasta

5 ml (1 t) Italiaanse geurselsprinkel`

1 pak slaaiblare

125 ml (½ k) mozzarella- of bocconcini-kaas, in stukke geskeur

125 ml (½ k) swartolywe, ontpit

45 ml (3 e) Italiaanse slaaisous

  1. Geur die hoenderborsies met sout en peper en braai in ’n bietjie verhitte olie tot sag en gaar. Giet die suurlemoensap en -skil oor terwyl dit braai.
  2. Kook die pasta tot gaar en al dente. Dreineer. Sprinkel geurselsprinkel oor.
  3. Pak die slaaiblare op ’n dienbord.
  4. Meng die hoender en pasta, voeg die res van die bestanddele by en rangskik op die blare.
  5. Giet die slaaisous oor.

WENK

Pleks van braai kan jy die hoender gaar stoom en dit met ’n vurk in stukke skeur.