Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

4 gerookte hoenderborsies

300 ml koeskoes

300 ml kookwater

5 ml (1 t) sout

15 (1 e) ml olyfolie

25 g botter 250 ml (1 k) ryp kersietamaties 50 g droë appelkose, fyn gekap hand vol vars kruie soos pietersielie en kruisement ekstra olyfolie

  1. Sny die hoenderborsies in klein blokkies en plaas dit in ’n groot slaaibak.
  2. Maak die koeskoes volgens die aanwysings op die pakkie met sout en olyfolie aan en roer die botter deur.
  3. Vlok die koeskoes en roer by die gerookte hoenderblokkies. Sny die tamaties en roer dit saam met die appelkose en kruie by die koeskoes.
  4. Geur na smaak en klam die slaai met olyfolie aan.