Genoeg vir 2-4 mense

6 ontbeende hoenderborsies

20-40 ml Cajun- of Marrokkaanse vryfmengsel

sout en vars gemaalde swartpeper

sap van een klein suurlemoen

30 ml olyfolie

20 g botter

4 koppies gaar koeskoes

60 ml vars gekapte pietersielie, koljander en kruisementblare

6 stingeluie, fyn gekap

200 g fetakaas, gekrummel (opsioneel)

Pak die hoenderborsies in ’n glasbak en smeer die vryfmengsel oral oor die hoender.

Geur met sout, vars gemaalde swartpeper en suurlemoensap en laat staan ’n paar minute.

Verhit die olyfolie en botter en braai die gemarineerde hoender tot gaar.

Hou eenkant.

Meng intussen die koeskoes, vars kruie, stingeluie en fetakaas.

Sny die hoenderborsies in kleiner stukkies en meng met die gaar koeskoesmengsel.

Geur met ekstra suurlemoensap en klam aan met ekstra olyfolie indien nodig.