Olivia Groenewald van Stellenbosch het die resep met ons gedeel. 

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

SLAAISOUS

100 g bloukaas, gekrummel

45 ml (3 e) witwynasyn

5-10 ml (1-2 t) gekapte salieblare

60 ml (¼ k) olyfolie

SLAAI

175 g broccoli, in blommetjies gebreek of in skywe gesny

250 g (2 k) farfalle-pasta, gaargemaak

2 gerookte hoenderborsfilette

sout en peper

vars salieblare en ekstra bloukaas vir afronding

  1. SLAAISOUS Plaas die kaas in ’n voedselverwerker, voeg die asyn en salieblare by en verwerk tot glad. Giet die olie deur die tuit by en verwerk tot ’n sous. Skep uit en hou eenkant.
  2. SLAAI Blansjeer of stoom die broccoli tot net sag, maar nog baie bros.
  3. Meng die broccoli, pasta en hoenderborsfilette, geur met sout en peper en meng die sous liggies deur. Rond af met vars salieblare en ekstra gekrummelde bloukaas.