Genoeg vir 4-6 mense

bereiding: 20 min.

Slaai

1 spanspek

80 g botterslaaiblare

½komkommer, in skyfies gesny (opsioneel)

70 g parmaham of swartwoudham

Slaaisous

80 ml (¹/3 k) olyfolie

sap en skil van 1 lemmetjie

5 ml (1 t) gerasperde vars gemmerwortel

45 ml (3 e) gekapte vars koljanderblare

sout en pas gemaalde swartpeper na smaak

  1. Slaai Sny die spanspek in die helfte en skep die pitte uit. Gebruik ’n 5 ml-maatlepel en
  2. skep balletjies uit die spanspek.
  3. Versprei die slaaiblare op ’n slaaibord en pak die komkommerskyfies, ham en spanspekballetjies op.
  4. Slaaisous Klits al die bestanddele saam. Giet oor die slaai en sit voor.