Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

GROENTE EN WORSBALLETJIES

750 ml (3 k) van ’n verskeidenheid groente soos geskilde botterskorsie, patat, murgpampoentjies, rooi soetrissies, uie en mielietjies, in klein blokkies gesny

6 heel knoffelhuisies

’n bietjie olyfolie

geurselsout

1 pak boerewors, vleis uit die velletjie gedruk en in klein balletjies gerol

SLAAISOUS

10 ml (2 t) korrelrige mosterd

30 ml (2 e) witwynasyn

45 ml (3 e) olyfolie

knippie suiker

gerasperde skil van 1 suurlemoen

KOESKOES

250 ml (1 k) koeskoes

45 ml (3 e) gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Smeer ’n oondpan.

  1. GROENTE EN WORSBALLETJIES Meng die groente en knoffel met die olyfolie, sprinkel geurselsout oor en pak in ’n enkellaag in die oondpan. Pak die boereworsbolletjies tussenin. Bak tot net gaar.
  2. SLAAISOUS Meng al die bestanddele van die slaaisous. Giet die helfte oor die warm groente en laat effens afkoel.
  3. KOESKOES Giet 250 ml (1 k) kookwater oor die koeskoes en laat staan tot uitgeswel. Vlok met ’n vurk.
  4. Skep die koeskoes in ’n bak, meng die groentemengsel deur en sit voor met die orige slaaisous. Garneer met pietersielie.