Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

FRIKKADELLE

600 g beesmaalvleis

125 ml (½ k) vars broodkrummels

1 eier, liggies geklits

1 knoffelhuisie, gekneus

20 ml gekapte vars basilieblare of pietersielie

sout en vars gemaalde swartpeper

sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

SOUS

200 ml mayonnaise

150 ml ongegeurde jogurt

sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen (opsioneel)

10 ml (2 t) mentblare, gekap (opsioneel)

sout en vars gemaalde swartpeper

OPDIENING

1 klein Iceberg-slaaikop, in repe gesny

12 kersietamaties, gehalveer

halwe komkommer in growwe stukke gesny

4 tortillas (opsioneel)

FRIKKADELLE 

Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ’n bak.

Maak jou hande nat en vorm die mengsel in 16 frikkadelletjies.

Voorverhit die oond se roosterelement.

Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie, spuit dit met kleefwerende kossproei en pak die frikkadelle daarin.

Verf olyfolie oor en rooster 5 minute aan elke kant of tot gaar volgens jou keuse.

SOUS 

Klits al die bestanddele saam.

OPDIENING 

Rangskik die blare, tamaties en komkommer in ’n bak.

Stapel die frikkadelle bo-op.

Sit voor saam met die sous.

Dit kan ook in tortillas voorgesit word.