Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

4 hoenderborsies

100 g sampioene, fyn gekap

30 g spinasie, fyn gekap

15 ml (1 e) hoenderspeserye

10 ml (2 t) paprika

15 ml (1 e) olie

2 mango’s

40 g roketblare

1    Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny ’n horisontale spleet in die middel van elke hoenderborsie om ’n holte te vorm.

2    Meng die sampioene en spinasie en skep dit in die holte. Maak die holte met skemerkelkstokkies toe.

3    Meng die hoenderspesery, paprika en olie en vryf dit oor die hoender. Verplaas dit na ’n rak oor ’n bakplaat en rooster 20 minute.

4    Skil die mango’s en sny hulle in skywe. Rangskik die skywe op vier borde. Bedek met die roketblare en gevulde hoender.

- Hope Malau