Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 20 minute

Marineertyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

MARINADE

45 ml (3 e) olyfolie

10 ml (2 t) suurlemoensap

skil van 1 suurlemoen

STEAKS

4 vark-kruisstuksteaks

sout en vars gemaalde peper

8-12 skywe mozzarellakaas

60 ml (4 e) gekapte grasuie

KOOLSLAAI

¼ rooi kopkool, in repies gesny

¼ kopkool, in dun repies gesny

1-2 rooi-uie, in dun skywe gesny

JOGURTSLAAISOUS

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

sap van ½ suurlemoen

sout en vars gemaalde peper

OKKERNEUTSTROOISEL

125 ml (½ k) okkerneute, grof gekap

60 ml (¼ k) geelsuiker

30 ml (2 e) sesamsaad

15 ml (1 e) seesoutvlokkies

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

15 ml (1 e) fyn kaneel

50 g droëappelkosies, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Marinade Meng al die bestanddele. Plaas die steaks in ’n niemetaalbak en laat marineer 30 minute.
  2. Steaks Sny ’n gleuf in die vleiskant van elke steak; geur die binnekant met die sout en peper. Pak die skywe kaas en 15 ml (1 e) grasuie in elke gleuf. Bind vas met tou.
  3. Verhit ’n riffelpan tot rookwarm en plaas die steaks met die vetkant na onder op die pan. Braai tot goudbruin en tot die vet goed uitgebraai het. Braai dan alkant tot goudbruin.
  4. Pak op ’n bakplaat en oondbraai 5-7 minute in die oond tot die binnekant net-net gaar is, maar steeds effens pienk.
  5. Koolslaai Meng al die bestanddele.
  6. Jogurtslaaisous Meng al die bestanddele en giet oor die koolslaai.
  7. Okkerneutstrooisel Meng al die bestanddele en sprinkel oor die slaai. Sit voor saam met die steak.