Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 2 minute

3 sprietuie

1 vinkelknol

80 ml (? k) Griekse jogurt

80 g botterblaarslaai

1 appel, in wîe gesny

1 tros groen druiwe

2 avokado’s, in wîe gesny

100 g basielpesto

200 g calamaribuise met tentakels

30 ml (2 e) olie

sap van 1 lemmetjie

1    Kap die uie en vinkel fyn en meng met die jogurt.

2    Rangskik die blaarslaai op borde en bedek met die appel, druiwe, avokado, en vinkelmengsel.

3    Skep die pesto in die calamaribuise en steek met ’n tandestokkie toe.

4    Vryf die calamari met die olie en lemmetjiesap. Blitsbraai 2 minute in ’n warm pan en sit op die slaai voor.

- Hope Malau