Snoek en soet smake gaan heerlik saam, daarom het ons ’n soeterige slaaisous hierby gemaak. P. Swart van Lynn East het vir ons die oorspronklike resep gestuur.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) heuning

15 ml (1 e) suurlemoensap

10 ml (2 t) heelkorrelmosterd

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

SLAAI

600 g gerookte snoek, grate verwyder en gevlok

1 rooi ui, fyn gekap

6 agurkies, in stukke gesny

60 ml droëappelkose, gesnipper

15 ml (1 e) pietersielie, gekap

cos-slaaiblare

uiespruite

SLAAISOUS

Meng al die bestanddele vir die slaaisous en hou eenkant.

SLAAI

Meng die slaai se bestanddele, buiten die slaaiblare, liggies en klam aan met die slaaisous.

Pak die slaaiblare in opdienbakkies en skep die slaai daarin.

Garneer met uiespruite.

Sit voor met ekstra slaaisous.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 10 Maart 2011.