Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

’n groot sak gemengde blaarslaai

1 ui, in ringe gesny

2 gerookte kalkoenborsies (of gerookte hoenderborsies), in skywe gesny

SLAAISOUS

sap van 1 pomelo

60 ml (¼ k) wit balsemieke asyn

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

Sit die blaarslaai in ’n groot bak of op ’n platbord, voeg die uieringe en kalkoen (of hoender) by en meng goed.

Slaaisous: Klits al die bestanddele saam en giet dit oor die slaai.

- Carmen Hendricks