Bereiding: 2 uur

Gaarmaaktyd: Geen

Genoeg vir 4 mense

Slaai

400 g (1 blik) pere, gedreineer (hou van die stroop)

5 ml (1 t) fyn kaneel

250 ml (1 k) rooiwyn

120 g Oosterse-styl- slaaiblare, gewas

1 elk groen, geel en rooi soetrissie

100 g kersietamaties

10 g bloukaas of pecorino, gekrummel

Slaaisous

60 ml (¼ k) witwyn

10 g bloukaas of pecorino

45 ml (3 e) heuning

SLAAI

Sit die pere, kaneel, rooiwyn en van die stroop in ’n verseëlbare bottel.

Maak dit toe en meng liggies, maar sorg dat die pere nie breek nie.

Sit dit vir 2 uur in die yskas of maak dit ’n dag vooruit.

SLAAISOUS

Gooi die wyn, kaas en heuning in ’n verwerker en verwerk 1 minuut om die bestanddele te meng.

Haal uit en sit eenkant.

Sit die slaaiblare op ’n groot bord, sny die soetrissies in skywe en rangskik hulle op die blare.

Pak die tamaties en gedreineerde pere bo-op, en bestrooi die pere met kaas.

Bedruip met slaaisous of sit die slaaisous by die slaai, en sit voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.