Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

SNOEK

1 skoongemaakte snoek, oopgevlek (effe gerook, indien verkies)

sout en vars gemaalde peper

SOUS

10 ml (2 t) gerasperde vars gemmer

15 ml (1 e) Dijon-mosterd

15 ml (1 e) olyfolie

SLAAI

250 g koring, gaar gekook en gedreineer

4 wortels, skoon geskraap en in dun repies gesny

1 groen soetrissie, ontkern en in blokkies gesny

1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

’n handvol vars koljanderblare, grof gekap (opsioneel)

SLAAISOUS

1 ui, gekap

60 ml (¼ k) olie

5-10 ml (1-2 t) geroosterde kerriepoeier

60 ml (¼ k) mayonnaise

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Vis Geur die vis met die sout en peper en plaas met die velkant na onder op ’n gesmeerde bakplaat.
  2. Sous Meng al die bestanddele vir die sous en smeer oor die vis. Oondbraai 15 tot 20 minute of tot die vis bo-op effe verbruin het en die vleis nie meer glaserig is nie. Vlok.
  3. Slaai Meng al die bestanddele liggies.
  4. Slaaisous Roerbraai die ui in die olie tot sag, voeg die kerriepoeier by en roerbraai effe om die geur uit te bring. Voeg die mayonnaise by en meng deur. Meng met die koringslaai.