Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

250 g spekstukkies

3 uie, gekap

100 ml suiker

100 ml balsemieke asyn

160 ml (2/3 k) water

2 x 410 g-blikke gebakte boontjies in tamatiesous

’n paar vars klein tamatietjies sout en peper

  1. Verhit ’n pan en braai die spekstukkies tot bros. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie in die spek se vet tot goudbruin.
  2. Voeg die suiker, asyn en water by. Laat stadig prut tot die sous goed afgekook en geurig is. Meng die sous deur die boontjies en laat afkoel. Voeg die tamatietjies by en geur met die sout en peper. Verkoel tot nodig.