CALAMARI

60 ml (¼ k) olie

30 ml (2 e) suurlemoensap

sout en peper

500 g calamaristeaks, in dun repies gesny

mielieblom, gegeur met sout en peper

1 eiergeel, geklits met ’n bietjie water

500 ml (2 k) sesamsaad

KOMKOMMERSLAAI

½ komkommer, in linte gesny

handvol gekapte ment- en koljanderblare

1 klein brandrissie, gekap

’n paar druppels vis- en sojasous

rysasyn

’n skeutjie strooisuiker

VIR VOORSIT

Japannese mayonnaise en gemmerpiekels

CALAMARI

Meng die olie, suurlemoensap, sout en peper.

Meng die calamari-repies deur en marineer ’n kwartier.

Verwyder uit die marinade en druk effe droog met handdoekpapier.

Rol die calamari in die gegeurde mielieblom.

Skud die oortollige mielieblom goed af.

Doop die calamari in eiergeel en dan in sesamsaad.

Verkoel terwyl jy die res berei.

Verhit ’n klein bietjie olie in ’n pan en braai die calamari ’n paar op ’n slag tot net gaar en wit.

Plaas die deksel ’n paar minute op sodat dit regdeur kan gaar word.

KOMKOMMERSLAAI

Meng alles. Sit voor met die calamari, Japannese mayonnaise en gemmerpiekels.

Volg Huisgenoot op Twitter.