500 g boerewors

SLAAI

2 soetrissies, in skywe gesny

150 g slaaiblare

150 g kersietamaties, gehalveer

1 komkommer, in stokkies gesny

SOUS

30 ml (2 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) heuning

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

sout en peper

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Druk die boerewors uit die derm en rol frikkadelle. Pak op ’n bakplaat en rooster 20-25 minute.
  2. Slaai Meng alles en rangskik die frikkadelle boop.
  3. Sous Klits alles saam en geur met die sout en peper. Giet oor die slaai en sit voor.