As ’n smeer:

Maak avokado fyn saam met ’n bietjie suurlemoensap, sout en peper. Skep saam met suurroom op ’n gebakte aartappel of geniet saam met chili con carne, sit ’n skeppie op gebakte pizza, in ’n hamburger of op ’n boereworsrolletjie.

In slaai:

Sny avokado fyn en meng in by blaarslaai saam met oondgeroosterde beet, feta, gekapte ui en ’n suurlemoen-vinaigrette.

As ’n voorgereg:

Halveer ’n avokado en vul met ’n smeer gemaak van gevlokte, gerookte snoek of engelvis, gemeng met roomkaas, ’n bietjie mayonnaise, suurlemoenskil, ’n skoot tabascosous en sout en peper.

Deur: Carmen Niehaus (kosredakteur - Huisgenoot & YOU)