Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

Genoeg vir 4-6 mense

SLAAISOUS

2 eiergele

sowat 5-8 (20 ml) ansjovisfilette

125 ml (½ k) olyfolie

sowat 20 ml (4 t) vars suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper

’n knippie mosterdpoeier

1 klein ui, baie fyn gekap (opsioneel)

SLAAI

4 ontbeende hoenderborsies

sout en vars gemaalde swartpeper

sap en skil van ’n klein suurlemoen

250 g spekvleis, gaargemaak en in stukke gesny

100 g spinasieblare, gesnipper

50 g pecorinokaas, gerasper

250 g pasta, gekook tot al dente

SLAAISOUS 

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ’n voedselverwerker en pols tot verdik.

Indien jy nie ’n voedselverwerker het nie, gebruik ’n stokmenger.

SLAAI 

Geur die hoenderborsies met die sout, peper, suurlemoensap en -skil en stoom ’n paar minute tot gaar.

Laat die hoender afkoel en sny in dun repe.

Meng die hoenderrepe, spek, spinasieblare, kaas en pasta en hou in die yskas of eet dit as ’n “uitpakslaai” – skep eers die pasta op die bord, gevolg deur die spinasie, hoender en kaas.

Giet die sous oor na smaak.

Dis belangrik om nie al die sous op een slag by te gooi nie; die sous het ’n baie sterk smaak wat die hele slaai oorheers.

Wenk: Caesar-slaaisous se hoofbestanddeel is rou eiergele wat maklik kan bederf. Hou dus die slaai in ’n koelsak met yssakkies of in die yskas.