Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

Lewer 3 porsies

TAMATIESLAAI

400 g tamaties van verskillende kleure en groottes, in kwarte gesny

20 ml (4 t) olyfolie

30 ml (2 e) rooiwynasyn

4 stingeluie, gekap

sout en peper

2-3 Israeliese komkommers, in linte gesny

CALAMARI

400-600 g skoongemaakte babacalamari- buise en -tentakels

60 ml (1/4 k) botter

sap van 1 suurlemoen

100 g Thai-pesto (resep onder) sout en peper na smaak basilieblare vir bo-oor sprinkel

  1. Tamatieslaai Meng al die slaaibestanddele liggies en stapel dit op ’n bord.
  2. Calamari Spoel die calamari af en druk dit goed droog.
  3. Braai net voor opdiening ’n paar op ’n slag sowat 2 minute oor hoe¨ hitte in die gesmelte botter of tot dit net-net wit verkleur.
  4. Meng die suurlemoensap en pesto deur. Geur met die sout en peper.
  5. Skep die calamari bo-op die slaai en sprinkel basilieblare bo-oor.

THAI-PESTO

100 g elk vars basilie- en koljanderblare 1 brandrissie

10 g vars gemmer, geskil

20 g knoffel, geskil

50 g okkerneute of sonneblomsade 50 ml olyfolie

sap van 1 suurlemoen

1-2 ml (1/4-1/2 t) vissous

Pesto Pols die basilie- en koljanderblare, brandrissie, gemmer, knoffel en neute of sade in ’n voedselverwerker tot fyn. Giet die olyfolie, suurlemoensap en vissous deur die tuit.

KLIK hier om jou eie Huisgenoot Lae-koolhidraatresepteboek te bestel