Genoeg vir 3 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 5 min.

CALAMARI

400-600 g skoongemaakte

baba-calamari-buise en -tentakels

60 ml (¼ k) botter

sap van 1 suurlemoen

100 g Thai-pesto (sien resep onder)

sout en peper

TAMATIESLAAI

400 g tamaties, verskillende kleure, invkwarte gesny

20 ml (4 t) olyfolie

30 ml (2 e) rooiwynasyn

4 stingeluie, gekap

sout en peper

1 komkommer, in linte gesny

  1. Calamari Spoel die calamari af en druk goed droog. Net voor opdiening, braai die calamari ’n paar op ’n slag sowat 2 min. oor hoë hitte in die gesmelte botter of tot dit net-net wit verkleur.
  2. Meng die sap en pesto deur. Geur met die sout en peper.
  3. Tamatieslaai Meng al die slaaibestanddele liggies en stapel op ’n bord. Sit die calamari bo-op. Sit voor saam met dun skyfies geroosterde broodjies indien verkies.

THAI-PESTO

Verwerk in ’n voedselverwerker:

  • 100 g elk vars basilie- en koljanderblare, 1 brandrissie, 10 g geskilde vars gemmer, 20 g geskilde knoffel en 50 g okkerneute of sonneblomsade.
  • Pols tot fyn; giet 50 ml olyfolie en die sap van 1 suurlemoen deur die tuit. Voeg ook ’n bietjie vissous by.