Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40-45 min.

4-6 hoenderporsies

vars gemaalde sout en peper

30 ml (2 e) olyfolie

CAESARSLAAI

1 kropslaai

125 ml (½ k) mayonnaise

125 ml (½ k) Griekse jogurt

skil van 1 suurlemoen en

15 ml (1 e) van die sap

knippie sout

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Sit ’n draadrakkie bo-op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Geur die hoender aan albei kante met die sout en peper en smeer met die olyfolie. Pak met die velkant na bo op die voorbereide bakplaat en draadrakkie. Rooster 30 min. Verhoog die temperatuur tot 230 °C en rooster nog 10-15 min.
  2. tot goudbruin, gaar en lekker bros.
  3. Caesarslaai Sny die kropslaai in bonkige stukke en pak op ’n bord. Meng die res van die slaaibestanddele en giet ruim oor die stukke kropslaai.
  4. Pak die hoender tussen die slaai en sit voor saam met 60 ml (¼ k) parmesaanskaafsels indien verkies.