Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20-30 min.

1 groot botterskorsie, in stukke gesny

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

PESTO

125 ml (½ k) pampoenpitte

15 g basilie

60 ml (¼ k) olyfolie

10-15 ml (2-3 t) suurlemoensap

RYSSLAAI

2 wiele fetakaas, in blokkies gesny

500 ml (2 k) gewone of wilde bruinrys, gekook

30 ml (2 e) olyfolie

geroosterde pampoenpitte en vars basilie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Pak die botterskorsie op ’n bakplaat. Sprinkel die olie oor en geur met die sout en peper. Meng goed en rooster 20 min. tot gaar.
  2. Pesto Rooster die pitte in ’n droë pan. Laat effens afkoel en sit in ’n voedselverwerker saam met die basilie. Verwerk tot fyn. Giet die olie bietjies-bietjies by en verwerk tot goed gemeng. Geur met die sap, sout en peper.
  3. Rysslaai Meng die feta liggies deur die rys. Meng 30 ml (2 e) pesto met die olie. Meng deur die rysmengsel. Voeg die botterskorsie by en drup die res van die pesto oor. Sprinkel die pampoenpitte en basilie* oor.