Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

HOENDER

4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny

sout en peper

fyn komyn

koekmeel met sesamsade gemeng

1 eier, geklits

olie vir diepvetbraai

SLAAISOUS

45 ml (3 e) balsemieke asyn

15 ml (1 e) heuning

30 ml (2 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) sojasous

2 knoffelhuisies, gekneus

5 ml (1 t) gerasperde vars gemmer

10 ml (2 t) sesamolie

15 ml (1 e) gekapte koljander

15 ml (1 e) gekapte ment

1 brandrissie, gekap

SLAAI

1 groen koolkop, in baie dun repies gesny

250 ml (1 k) gekapte sprietuie

180 ml (¾ k) gekapte koljanderblare

3-4 radyse, fyn gesny (opsioneel)

125 ml (½ k) geroosterde sonneblomsade, amandels en pekanneute

ekstra koljanderblare vir bo-op

  1. Hoender Geur die vleisblokkies na smaak met die sout, peper en komyn. Rol dit in die koekmeelmengsel, dan in die eier en weer in die meelmengsel. Verhit genoeg olie en braai die hoenderblokkies tot gaar en bruin. Dreineer.
  2. Slaaisous Meng al die bestanddele.
  3. Slaai Meng al die bestanddele buiten die sade, neute en ekstra koljanderblare. Giet die slaaisous oor.
  4. Skep ’n bietjie in ’n wegneemkos-boksie; sprinkel van die sade, neute en hoender oor. Rond af met koljander.