Genoeg vir 4 mense

1 groot Franse brood

olyfolie vir vlakbraai

300 g boerewors

250 g ryp tamaties, in kwarte gesny

1 klein rooiui, in skywe gesny

100 g cheddarkaas, grof gerasper

slaaisous van jou keuse

1. Voorverhit die oond tot 160 °C en breek die brood in growwe stukke. Pak die stukke op ’n groot bakplaat.

2. Bak die broodstukkies sowat 10 minute tot goudbruin en bros en laat afkoel.

3. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die boerewors oor matige hitte tot gaar. Laat staan vir ’n paar minute. Sny in 2 cm-stukkies.

4. Meng die boereworsstukkies, tamaties, rooiui en cheddar in ’n mengbak en skep dit uit op ’n groot opdienbord.

5. Sprinkel die broodstukkies oor en bedruip met ’n slaaisous van jou keuse.