Genoeg vir sowat 6 mense

Bereiding: sowat 15-20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 30 minute

15 ml (1 e) kookolie

1 groot ui, fyn gekap

250 g sampioene, grof gekap

1 groen soetrissie, in klein blokkies gesny

2 vars brandrissies, fyn gekap

6 kaas- of chorizo-worsies, in skywe gesny

250 g skulpiepasta

80 g tamatiepasta

1 blik (410 g) chakalaka sout en vars gemaalde swartpeper

  1. Verhit die olie en braai die ui, sampioene, soetrissie, brandrissies en worsies saam in ’n pan en hou eenkant.
  2. Kook die pasta tot al dente. Dreineer en hou eenkant. Meng die pasta met die tamatiepasta, chakalaka en die gaar sous.
  3. Geur met sout en peper en laat afkoel.

Hou jy nie van branderige kos nie? Vervang dan en die chakalaka en brandrissies met 1-2 pakkies pesto (songedroogde tamatie, basilie of koljander). Jy kan ook die groen soetrissie vervang met ’n rooi soetrissie, wat ’n soeter smaak het.