Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 6 mense

1 kop blomkool

’n hand vol pietersielie, gekap

2 sprietuie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

60 ml (¼ k) olyfolie

’n hand vol kersietamaties, in skywe gesny

sout en peper, na smaak

½ komkommer, in blokkies gesny

125 ml (½ k) bevrore mieliepitte

125 ml (½ k) ertjies

slaaiblare

2 eiers, gekook

250 g skelvis

1.    Skei die blomkool in blommetjies. Kook hulle in water tot sag (sowat 5 minute). Dreineer en vervars onder koue water.

2.    Plaas die blomkool in ’n bak saam met pietersielie en sprietuie. Meng die knoffel met die olyfolie en giet oor die blomkool.

3.    Voeg die tamaties by en geur met sout en peper. Strooi die komkommer, mielies en ertjies oor. Sprei slaaiblare op ’n platbord uit, plaas die slaai bo-op en bedek met eiers.

4.    Verhit melk in ’n pan tot amper kookpunt. Voeg die skelvis by en posjeer 10 minute. Wanneer die vis gaar is, vlok dit en voeg dit by die blomkoolslaai.

- Jean le Roux van Witbank