Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

300 g ricotta-kaas

’n skeut suurlemoensap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 babawortels, geskil

4 hande vol gemengde slaaiblare

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

2 granate, slegs pitte

1 Sit die ricotta in ’n bak, druk die suurlemoensap daaroor uit en strooi die knoffel bo-oor.

2 Blansjeer die wortels 5 minute in kookwater en verfris dit dan onder lopende koue water.

3 Meng die slaaiblare in ’n groot bak met die olyfolie, sout en peper.

4 Krummel die ricotta oor die blare en strooi die granaatpitte bo-oor. Sit dadelik voor.

- Hope Malau