Genoeg vir 1 mens

Bereiding: 10 min

SLAAISOUS

15 ml (1 e) druiweasyn

30 ml (2 e) sterk rooibostee

15 ml (1 e) gekapte koljanderblare

2 ml (½ t) brandrissievlokkies

SLAAI

hand vol babaspinasieblare

30 g wildsbiltong, in

dun skyfies gesny

5 olywe

¼middelslagmango, in skyfies gesny

hand vol boontjiespruite

125 ml (½ k) komkommerlinte

hand vol groenrissieblokkies

125 ml (½ k) gaar couscous

80 ml (1/3 k) kekerertjies

  1. Slaaisous Meng al die bestanddele saam.
  2. Slaai Rangskik al die bestanddele op ’n bord en giet die slaaisous oor.

WENKVervang die biltongmet 30g laervetkaas.