Slaai

100 g gemengde slaaiblare

½ komkommer, gesny

3 sprietuie, gesny

20 g kersietamaties, gesny

5 ml (1 t) botter

sout en peper

200 g lendeskyf

Slaaisous

100 g sampioene, gesny

10 g biltongskywe

10 ml (2 t) heel mosterd gemeng met 15 ml (1 e) water

15 ml (1 e) room

Slaai

Meng die slaaiblare, komkommer, uie en kersietamaties in ’n groot bak.

Skep die botter in ’n pan oor  matige hitte en smeer die biefstuk aan albei kante met sout en peper.

Seël dit 5 minute aan albei kante.

Plaas die biefstuk op ’n snybord om af te koel en sny teen die grein in dun snye en plaas op die slaai.

Slaaisous Plaas die sampioene in die biefstuk-pan oor matige hitte en braai tot sag.

Voeg die biltong, mosterdmengsel en room by en laat prut 3 minute.

Laat afkoel.

Skep genoeg van die sous oor die slaai en sit die res langsaan voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.