Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

500 g beesvleisrepies

5 ml (1 t) Chinese vyfspeserye

30 ml (2 e) olie

SLAAISOUS

15 ml (1 e) olie

5 ml (1 t) gerasperde

vars gemmer

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 rooi brandrissie, ontpit en gekap

sap van 1 lemmetjie

5-10 ml (1-2 t) vissous

15 ml (1 e) suiker

sout na smaak

SLAAI

200 g rysnoedels, berei volgens die aanwysings op die pakkie

6 stingeluie, gekap

½ komkommer, in stokkies gesny

15 g vars koljanderblare, grof gekap

2 wortels, in stokkies gesny

60 ml (¼ k) geroosterde grondboontjies

  1. Geur die vleisrepies met die speserye. Verhit die olie in ’n pan en braai die repies in sarsies tot net gaar. Verwyder van die hitte
  2. en hou eenkant.
  3. Slaaisous Meng al die bestanddele en geur met die sout indien nodig. Giet oor die vleisrepies in die pan en meng goed.
  4. Slaai Meng die vleisrepies met die slaaibestanddele in ’n groot mengbak. Skep in bakkies en sprinkel die grondboontjies oor.