Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 30 min.

Slaai

1 kg babaaartappels

1 ui, in ringe gesny

2 hardgekookte

eiers, in skyfies gesny

4 stingeluie, gekap

1 wiel fetakaas, gekrummel (opsioneel)

½avokado, in stukkies gesny en met suurlemoen bedruip

sout en gemaalde swartpeper

Slaaisous

250 ml (1 k) mayonnaise

45 ml (3 e) soet brandrissiesous

15 ml (1 e) sojasous

  1. Slaai Kook die aartappels tot net gaar. Dreineer, laat afkoel en halveer elke aartappel.
  2. Meng die res van die bestanddele vir die slaai liggies in ’n slaaibak.
  3. Slaaisous Meng al die bestanddele goed en giet oor die slaai. Meng liggies en geur met die sout en peper.