Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

SLAAISOUS 

3 ansjovisfilette

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

sout en peper na smaak

80 ml (1-3 k) olyfolie

30-45 ml (2-3 e) rooiwynasyn

SLAAI

250 g babaspinasie of botterslaaiblare

350 g baba-aartappels, in die skil gekook

gerasperde skil van 1 suurlemoen

3 saggekookte eiers (3 minute gekook)

4 ansjovisfilette

SLAAISOUS

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.

SLAAI 

Rangskik die blare op ’n bord. Druk die aartappels effens stukkend en pak dit op die blare.

Geur met sout, peper en suurlemoenskil.

Dop die eiers af en pak bo-op.

Drup die slaaisous oor.