Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 4-6 mense

250 g spekvleis, in stukke gesny

1 pak gemengde slaaiblare

6 sprietuie, gekap

1 avokado, in blokkies gesny

125 ml (½ k) pekanneute, grof gekap

3 gekookte eiers, in skywe gesny

sap van 1 suurlemoen

sout en peper

Braai die spekvleis in ’n pan tot dit lekker krakerig is.

Sit die slaaiblare, spekvleis en sprietuie in ’n groot slaaibak en meng deurmekaar.

Voeg die avokado, neute en eiers by. Geur met die suurlemoensap, sout en peper.

Sit voor met croutons.

Volg Huisgenoot op Twitter.