BLOUKAASSLAAISOUS

80 g bloukaas, gekrummel

50 ml crème fraîche of suurroom

15 ml suurlemoensap

15 ml olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper na

smaak

SLAAI

4 eiers

250 g repiespekvleis

1 rooi soetrissie, in repies gesny

1 rooi ui, gehalveer en in skywe gesny

2 avokado’s, geskil en in skywe gesny

100 g mizunaslaaiblare, gewone slaaiblare of Engelse spinasie

SLAAISOUS

Klits die slaaisousbestanddele goed saam, bedek en hou eenkant.

SLAAI

Bring water in ’n kastrol tot kookpunt.

Plaas die eiers versigtig in die water en kook 10 minute lank.

Skep dit uit en kraak die doppe dadelik om te voorkom dat die eiergeel ’n  swart ring vorm.

Verhit ’n droë pan oor matige hitte en braai die spek tot bros en bruin.

Dreineer op papierhanddoeke en breek in stukke.

Braai die soetrissierepe in dieselfde pan tot net warm.

Dop die eiers af en sny dit in wiggies.

Meng die eiers, spek,  soetrissie, ui, avokado’s en slaaiblare of spinasie en sit dit dadelik voor met die bloukaasslaaisous.

WENK: ’n Bloukaassous is die ideale pasmaat vir avokado en spek.