Die resep het Marie du Plooy van Langenhovenpark die lesersprys vir Huisgenoot se uitgawe van 9 Januarie 2014 besorg.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 g baba-aartappels, in hul skil gekook

250 g salami, grof gekap

100 ml perskeblatjang

100 ml mayonnaise

15 ml (1 e) fyn gekapte pikantrissies

sout en vars gemaalde swartpeper

gemengde slaaiblare

  1. Sny die aartappels middeldeur en rangskik hulle in ’n groot opskepbak. Strooi die salami bo-oor.
  2. Meng die blatjang, mayonnaise en pikantrissies goed en gooi oor die aartappels. Meng liggies sonder dat jy die aartappels. Geur met sout en peper en sit met die slaaiblare voor.