Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

6 baba-aartappels, in wiggies gesny

sout en peper

30 ml (2 e) paprika

300 g babaspinasie, gewas

80 ml (? k) sultanas

60 ml (¼ k) pampoensaad, gerooster

2 sprietuie, gekap

SLAAISOUS

10 ml (2 t) heelkorrelmosterd

80 ml (? k) Griekse jogurt

60 ml (¼ k) mayonnaise

30 ml (2 e) suurlemoensap

10 ml (2 t) heuning

sout en peper

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2.    Plaas die aartappels op ’n bakplaat en geur met sout, peper en paprika. Bak 20 minute of tot sag. Laat afkoel.

3.    Plaas die spinasie in ’n groot mengbak en voeg die afgekoelde aartappels, sultanas, pampoensaad en sprietuie by.

4.    Slaaisous: Klits die bestanddele in ’n bak tot goed gemeng.

5.    Verdeel die spinasie en aartappel in individuele borde of bakke en bedruip met die slaaisous.

- Carmen Hendricks