1. Waatlemoenslaai

Meng 60 ml (1/4 k) lemmetjiesap, 45 ml (3 e) heuning en 30 ml (2 e) gekapte koljanderblare en giet oor blokkies waatlemoen

  1. Waatlemoen-granita

Kap 750 g waatlemoenblokkies fyn en druk deur ‘n fyn sif. Vang die waatlemoensap op. Giet in ‘n kastrol saam met 60 ml (1/4 k) lemmetjiesap, 180 ml (3/4 k) suiker en 1 cm stuk gemmer, in skyfies gesny. Bring tot kookpunt en roer tot die suiker gesmelt is. Laat afkoel en dreineer.

Giet in ‘n bak en vries. Krap elke uur om die yskristalletjies op te breek. Skep die ysstukkies in wyebek-glase en sit voor.

  1. Tropiese ontbytslaai

Meng heuning en vars gekapte mentblare by natuurlike jogurt of Griekse jogurt in. Sny waatlemoen, spanspek, pynappel en mango in klein blokkies en skep in bakkies of glasies. Giet die jogurt oor en sit voor met muesli en geroosterde klapper

carmenafter picsDeur: Carmen Niehaus – kosredakteur Huisgenoot & YOU