VISVINGERS

4 visfilette, in 3 cm-repe gesny

sout en peper

125 ml (½ k) mielieblom

1 eier, geklits

30 ml (2 e) melk

250 ml (1 k) broodkrummels

sap en skil van ’n suurlemoen

olie

AARTAPPELSLAAI

8 baba-aartappels, gekook en gehalveer

125 ml (½ k) mayonnaise

1 rissie, gekap

15 ml (1 e) olyfolie

  1. VISVINGERS Geur die vis met sout en peper. Rol in die mielieblom.
  2. Klits die eier en melk. Doop die vis daarin.
  3. Meng die krummels, sap en skil. Rol die vis daarin. Verkoel 15 minute en vlakbraai in olie tot gaar.
  4. AARTAPPELSLAAI Meng die bestanddele vir die slaai. Sit die aartappelslaai voor saam met die visvingers.