Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

8 droëperskes of -appelkose

400 g ferm vis, in blokke gesny

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

GEELRYS

250 ml (1 k) basmatirys

5 x 250 ml (5 k) water

7 ml (1½ t) borrie

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olie

3 uie, in skyfies gesny

2 knoffelhuisies

2 wortels, in blokkies gesny

2 ml (½ t) fyn komyn

olie vir smeer

  1. Bedek die perskes of appelkose met kookwater en laat staan tot effens geswel.
  2. Geelrys Bring die rys, water en 5 ml (1 t) borrie tot kookpunt en kook tot gaar. Dreineer die ekstra vloeistof. Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die uie, knoffel en wortels tot gaar. Voeg die res van die speserye by, roerbraai effens en meng deur die rys. Geur na smaak met die sout.
  3. Ryg die visblokkies en perskes of appelkose om die beurt op sosatiestokkies. Geur met die sout en peper. Smeer met die olie en braai in ’n warm pan tot gaar.
  4. Sit die sosaties voor saam met die rys en vars koljanderblare.