Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

50 g botter

1 ui, fyn gekap

500 ml (2 k) basmati-rys

5 ml (1 t) kerriepoeier

2 ml (½ t) neutmuskaat

250 ml (1 k) melk

125 ml (½ k) dikroom

250 ml (½ k) water

300 g stokvis, in stukke gesny

5 ml (1 t) paprika

sout en peper

gekapte pietersielie

3 eiers, gekook en in helftes of kwarte gesny

1 Smelt die botter in ’n middelslag-pot oor matige hitte, roer die ui en rys in en braai vyf minute terwyl jy roer.

2 Voeg die kerriepoeier en neutmuskaat by. Meng die melk, room en water in ’n bak en giet oor die rys. Voeg die vis by en laat prut 20 minute terwyl jy af en toe roer tot die rys gaar is. Voeg ’n bietjie water op ’n slag by as die mengsel te droog raak.

3 Geur met die paprika, sout en peper en roer die pietersielie in. Voeg die eiers by en sit voor.

- Hope Malau