Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 45 minute

30 ml (2 e) olyfolie

30 g botter

3 uie, grof gekap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

2 kg seekosmengsel of 3-4

verskillende soorte vis in blokkies gesny

1-2 liter (4-8 k) seekosaftreksel

375 ml (1½ k) droë witwyn

5 ml (1 t) saffraan

150 ml pietersielie, fyn gekap

25 ml (5 t) vars vinkel, fyn gekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

  1. Verhit die olyfolie en botter in ’n plat swartboompot en braai die uie en knoffel tot sag en deurskynend. Geur met sout en peper.
  2. Voeg die res van die bestanddele by die uiemengsel en bring tot kookpunt. Bedek.
  3. Krap van die kole uit sodat die vis nie stukkend kook nie. Geur met sout en peper.
  4. Laat sowat 30-40 minute stadig prut of tot gaar en geurig.
  5. Sit voor met rys of brood.